Die “Achilles heel” van Sonkragstelsels


Almal is moeg vir Eskom en wil van die nasionalse kragnetwerk af spring.  Daar is ergter  baie slaggate en mens moet baie mooi beplan om nie onnodig geld te mors nie.  Die besparingsyfers wat die solarverskaffers gee op die internet vir hul pakette is totaal onmoontlik en Malema se beloftes is meer gelowaardig.

As jy ‘n gewone 9 tot 5 mens is het jy klaar moeilikheid.  Jy sien, waneer jy van die werk af kom het jou sonkragstelsel ook getjaila.  So rukkie terug was daar ‘n tipiese “conspiracy theory” CD met die naam “Who killed the electric car?”.  Dit is ongelukkig nie die bose olie magnate nie.  Dit is die euwel in elkeen se huise en selfoon en die “Achilles heel” van elke sonkragstelsel naamlik:  Die battery.

battery

Kom ons kyk bietjie hoe goed die diep siklus batterye werklik is.  Energizer verkoop ‘n tipiese 105AH battery op die mark met gemiddelde speks en ‘n twee jaar waarborg.

graviek

Op die grafiek verskaf deur Energizer self kan gesien word dat as jy die battery elke aand 50% ontlaai, dit net 300 aande gaan hou voor dit kis is.  ‘n 105AH battery wat 50% ontlaai het lewer bietjie meer as  ‘n  halwe eenheid krag.  Teen die huidige kragprys van R2 ‘n eenheid krag gaan die battery  ‘n volle R170 se krag lewer gedurende sy totale leeftyd.  Die prys van die battery is tans meer as R1800.  Om krag te stoor vir later gebruik is dus 10 keer duurder as Eskom krag.  Dan het ek nog geen ander kostes van die sonkragstelsel in gereken nie.

Batterye moet dus net gebruik word in ‘n noodgeval, soos 5 uur die middag as die Springbokke speel.  Soos die Springbokke nou speel dink ek nie eens batterye is die moeite werd nie.

Lewer kommentaar