Eskom – Skokkende Feite


Ek dink nie die normale ou op straat besef hoe vinnig Eskom ons dood gekook het nieeskomkook.

As ek na Eskom se 2016 verslag kyk weet ek nie of ek moet huil, lag of wraak neem nie.

http://www.eskom.co.za/IR2016/Documents/Eskom_integrated_report_2016.pdf

Dis hartseer om te dink dat Eskom eens die goedkoopste en beste krag-verskaffer ter wêreld was. Nou is hul die mes in die rug van elke Suid-Afrikaner. Besighede en individue gaan gebuk onder hoë finansiële druk as gevolg van Eskom se wanbestuur en korrupsie.

Kom ons vergelyk bietjie 10 jaar terug se vernaamste syfers teenoor hierdie jaar se syfers uit hul eie verslae:

 

eskom-syfers

Dit is skokkend om te sien dat 10 jaar terug meer krag opgewek was en meer infrastruktuur gebou was  teen ‘n fraksie van die koste. Hoe op dees aarde kry Eskom dit reg om 410% meer geld uit te gee en minder te lewer?

Die vraag is, wie is verantwoordelik vir ons marteling?

krag

 

 

 

 

 

Lewer kommentaar