Gaan ek spaar om ‘n gas geyser in te sit?


As jy ‘n groot 150 liter gas geyser wil insit gaan jy niks spaar nie. Suid-Afrika se gas is vrek duur net soos Eskom. Gaan kyk bietjie na Steibel Eltron se praktiese toets op Youtube wat hul gedoen het om te sien of gas geysers goedkoper is as elektriese geysers. Hul toets het gewys dat gas selfs duurder was. As jy ‘n klein eenheid insit wat die water warm maak soos jy dit gebruik, gaan jy wel spaar, want ‘n normale 150 liter geyser gebruik ongeveer R150 se krag per maand net om die water warm te hou. Al probleem is dat die klein eenhede nie lekker vir ‘n groot huis werk nie en mens sal meer as een eenheid moet installeer. Vir elke gas eenheid het jy gaspype en sertifisering en al die kopsere en oogsere.

Lewer kommentaar