Hoeveel gaan ek spaar met ‘n solar geyser?


Minder as wat jy dink en wat die verkoopsman belowe:) Die probleem met solar is dat dit net in die dag werk wanneer ons almal by die werk is. n Ander groot probleem is dat meeste stelsels sleg ingesit en beheer word. ‘n Gemiddelde huisgesin gebruik 300 liter se warm water in ‘n dag en amper al die solar geysers op die mark stoor net 150 liter. As jy en jou vrou byvoorbeeld in die oggend bad het jy probleme. In die winter gaan die son vroeg onder en teen 4 uur is hy flou. In die aand gebruik jy water om hande te was en al daai dinge. Teen die volgende oggend gaan daar nie meer genoeg hitte oor wees nie. Dan het mens ook gereeld bewolkte weer. Uit persoonlike ondervinding en navorsing gaan ‘n tipiese R10 000 stelsel jou ongeveer R200 ‘n maand spaar. Moet nie geflous word deur n verkoopsman wat vir jou wys hoe kokend die water is wat uitkom uit ‘n stelsel wat in die son gestaan het nie. Amper al die stelsels op die mark is baie goed om water warm te maak maar hul is nie goed om hitte te stoor tot wanneer jy dit wil gebruik nie.

Lewer kommentaar