Induksieplaat vs Gewone elektriese ketel


In die beeldmateriaal hieronder het Kragman ‘n induksieplaat toets gedoen om te sien of ons regtig krag spaar met hierdie nuwe induksie plate wat almal deesdae kry.

Ons het ‘n 2000W induksieplaat en ‘n 2000W gewone elekriese ketel gebruik vir ons toets. Die resultaat was dat die Induksieplaat wel minder stroom gebruik het, maar omdat hy langer geneem het om die water te kook het die induksiesplaat op die ou einde van die dag net soveel krag gebruik as die gewone ketel.

Dit is teoreties ook baie maklik verklaarbaar want beide is amper 100% effektief. Die vraag word egter gevra, hoekom die verkoopsmense nie vasgevat word vir hul leuens nie.

 

Lewer kommentaar