Krag besparing-“Scams”


Die arme verbruiker word daagliks om die bos gelei deur valse beloftes. Hier volg ‘n lysie van die mees bekendste “Scam” produkte:

Induktiewe stoofplate en geysers

Dit is seker een van die grootste kragbesparing “scams” wat tans die rondte doen.  Gekontroleerde toetse deur die Electric Power Research Institute (EPRI) toon dat Induktiewe stoofplate meer krag gebruik as ‘n gewone stoofplaat.
Soortgelyke toetse deur ander mense het ook dieselfde resultate gewys.  Gaan lees hier en ook hier.
Hul toetse het wel getoon dat as jy dom is en ‘n klein potjie op ‘n groot plaat sou sit, ‘n induktiewe stoof jou krag sal spaar.  Moet dus nie duisende rande mors met duur induktiewe potte en plate nie.  Sit net die klein potjies op die klein plate.
geyser
Induktiewe Geysers is selfs nog ‘n groter scam.  Hul ry rug op die stoofplaat idee.  ‘n Gewone geyser element is  meer effektief as ‘n induktiewe element.  Die skurke verkoop klein eenhede van 75l en mens sal miskien ‘n paar rand spaar omdat mens gereeld koud gaan bad.

Krag Faktor-Verbetering

Die toestelle word verkoop as Power Conditioners, Power Buddy, Power Optimizer, Power Boosters, Power Savers, Mr Power Energy Saver en enigiets wat die woord “Power” in het.
Onthou mense, elke liewe huishoudelike krag meter (kwh meter) of prepaid meter in SA sal jou geen besparing gee indien jy die krag faktor verbeter nie.  Dit is die gedeelte wat die skurke jou nie vertel nie.  Hul sal jou besighede wys wat krag gespaar het.  Besighede het ander meters.  Besighede se meters meet die maksimum stroom(A).  Ons meters by die huis meet energie(kwh).  Ek sal al die meterswetenskaplikes van die wêreld moet laat weet dat hierdie mense energie kan skep! Lees meer hier.
Die verbruikersraad in Australia het so ‘n verskaffer hof toe gevat.  Die verskaffer het sleg tweede gekom in die hof.  Ai, ek wens ons verbruikersraad kon bietjie gat skop in SA. Gaan lees meer.

Geyser Beheer-Toestelle

Ook bekend as Geyser Buddies, Geyser Profiler, Geyser Smart, Geyser Wise of Electro Smart.  Al die toestelle is niks meer as ‘n geyser “timer” nie.
Iets wat al die verskaffers jou nie wil vertel nie is dat die gewone geyser element 100% effektief is.  Elke sent krag word omgeskakel in hitte.  Dit maak nie saak of jou geyser 10 duisend keer of een maal ‘n dag aangesit word nie.  Jy betaal vir die hoeveelheid hitte wat die element maak.geyserbeheer
Duisende mense gebruik wel timers om krag te spaar.  Hul spaar krag vir die eenvoudige rede dat mense baie warm water mors vir goed soos skottelgoed en hande was gedurende die dag wanneer warm water nie nodig is nie.  Meeste mense se geysers is ook te warm gestel en die “timer” help om die water kouer te maak vir tye wanneer baie warm water nie nodig is nie. Een groot probleem met die slim toestelle is dat hul jou gewoontes probeer leer en dan raai waneer dit jou badtyd is. Ongelukkig bly geen mens se patrone dieselfde nie. Timers is baie meer eenvoudig en goedkoper.
My skoonma het altyd gespog oor die geld wat haar Geyser Buddy haar spaar, maar sy het vinnig verskoning gemaak as ons geen warm water gehad het om in te bad nie.
Maar hoe kry die skurke dit reg om duisende mense om die bos te lei? Dis baie maklik. Wie onthou nog die power band “Scam”. Hul het net ‘n paar sportsmanne gekoop om te se dit werk en siedaar. Self powerband_clintonBill Clinton het geval vir daai een.
 powerband
Kom ons vat ‘n skelm soos Global Carbon. Hul belowe geld terug gewaarborgde besparing van 25%. ‘n vinnige Google soek en mens sal sien daar is op hellopieter.com die laaste tyd klomp mense wat kla oor hul stelsels wat nie werk nie en dat hul geld terug beloftes tot niks gekom het nie.
Die probleem wat die verbruiker het is dat ons verbruikersraad is SA pateties is en dat niemand hierdie bedrieers op sy eie hof toe will vat nie want ons regstelsel in SA is nog meer pateties.
Daar is net een oplossing en dit is om verbruikers te waarsku.

Lewer kommentaar