Om Geyser af te sit of nie?


Party mense beloof dit werk en ander mense soos Arnold Theron sê dit help niks http://www.moneyweb.co.za/archive/does-switching-off-your-geyser-really-save-electri/

*Arnold Theron is an engineer and member of the Moneyweb Community

Wie moet ons glo?

Dit neem eintlik net gesonde verstand om te weet jy gaan energie spaar.  Hoe langer jy die geyser afsit, hoe meer spaar jy.  Ek wonder of Arnold met my gaan stry as ek sê mens spaar 100% krag indien mens die geyser permanent afsit?

Jy sien, dit is waar almal die pot mis sit.  Dit hang alles af van hoe lank mens die geyser afsit en hoeveel water jy gebruik in die tye wanneer die geyser af is.

As jy die geyser kort tye afsit en nie water gebruik in daardie tyd nie, gaan jou besparings baie min wees.  Maar ons almal weet teen die tyd dat meeste mense hul geysers net aansit voor hul gaan bad en daarna weer afsit.  Jy sien, elke mens hou van ‘n warm bad en verder is hy nie baie gepla oor warm water nie.

Mens gebruik ongelooflik baie warm water tussen badtye.  Elke keer as jy jou hande was wil mens net so bietjie warm water daaroor laat loop en staan en wag jy vir die warm water.

‘n Ander eenvoudige rede vir die besparing is dat ‘n geyser wat 70 grade is meer hitte verloor as ‘n geyser teen 40 grade.  Dit is omtrent 40 watt se energie verlies wat omtrent R50 se krag in ‘n maand is.  Wanneer jy jou geyser afsit is jou geyser se water temperatuur natuurlik laer en jou verliese minder.

http://www.eskom.co.za/IDM/MeasurementVerification/Documents/M_and_V_Geyser_Guideline_v2r1.pdf

Die geheim is om jou geyser aan te sit so uur voor jy gaan bad en af te sit sodra jy die badwater intap.  Dit is egter ‘n groot las en ek sal eerder die geyser se termostaat afstel en ‘n geyser kombersie koop.  Mens kry ook goedkoop timers wat die werk kan doen.  Die slim timers is egter net ‘n mors van geld.  Hul programme is kwansuis Siener van Rensburg wat jou patrone aanleer.  Hul werk amper goed maar onthou hul leer jou gewoontes aan en jy gaan dan en wan vloek onder ‘n koue stort indien mense kom kuier of jy gaan bad buite jou normale badtyd.

 

Lewer kommentaar