Riglyne om ‘n Elektrisiën te kies as jy ‘n COC soek


Jy is besig om jou huis te verkoop en word gedwing om ‘n COC te kry. Vir die wat nie weet nie, dit is ‘n setifikaat van nakoming. Dit beteken ‘n gerigestreerde elektrisiën het ‘n sertifikaat uitgereik om te sê jou huis se bedrading is veilig. Jy is platsak en die laaste ding wat jy soek is ‘n elektrisiën wat jou gaan melk. Hier volg ‘n paar riglyne wat jy kan volg om die ervaring so pynloos as moontlik te maak:

 

  1. Doen ‘n agtergrond toets

Google is die man se beste vriend. Tik die besigheid se naam in, gevolg deur “complaint”. As jy klagtes sien teen ‘n besigheid, dan bly jy weg. Dis altyd goed om ‘n gevestigde besigheid te kry met ‘n adres. Vra die elektrisiën of hy geregistreer is by die Departement van Arbeid om COC te mag skryf. Dit is verbasend hoeveel elektrisiëne nie geregistreer is nie en ongeldige COC’s uitreik.

 

  1. COC is nie net ‘n inspeksie nie

In baie rare gevalle sal die elektrisiën ‘n inspeksie kom hou en dadelik ‘n COC uitreik. Dit gebeur amper nooit en dit is waar baie mense die eerste stel aftrap. Hul bel gewoonlik en vra wat kos ‘n COC. Die elektrisiën sal ‘n bedrag aan hul gee, maar hy bedoel eintlik dit is die inspeksiefooi. Dit sluit nie herstelwerk in nie.

 

  1. Proses en Tariewe

Vra hom presies hoe sy fooie werk en hoe die proses gaan verloop. ‘n Eerlike elektrisiën sal die volgende proses en fooie voorstel:

  • Inspeksiefooi in die omgewing van ‘n R1000 afhangende van die grootte van die huis.
  • ‘n Eerlike elektrisiën sal jou ‘n kwotasie gee en nie dwing om van sy hersteldienste gebruik te maak nie. Dit is waar baie mense nog ‘n stel aftrap. Hul vra gewoonlik net ‘n prys vir die inspeksie en gebruik die goedkoopste persoon net om na die tyd met ‘n elekrisiën te sit wat wyer om die COC te skyf as jy nie sy duur herstelkoste wil aanvaar nie.
  • Onthou om hom te vra wat ‘n herinspeksie gaan kos. ‘n Billike elektrisiën sal ‘n bedrag in die omgewing van R500 vra om die herstelwerk te kom inspekteer en finale COC te skryf. Hul vra gewoonlik min indien hul die herstelwerk self doen.

 

‘n Paar algemene wenke

Verwyder alle selfgeïnstalleerde verlengingskoorde en ligte soos spotlights. Maak seker al jou muurproppe en ligskakelaars is in ‘n werkende toestand en indien jy dit self wil vervang, jy muurproppe en ligskakelaars gebruik wat die SABS merk op het. ‘n Billike tarief vir ‘n elektrisiën is in die omgewing van R400 ‘n uur. Daar is baie min dinge in jou huis wat duurder is as R200. Die duurste item is jou aardlek, oftewel “earth leackage” en dit kos in die omgewing van R500. Daar is ‘n knoppie op die aardlek wat jy kan druk om hom te toets. Onthou om ‘n eektrisiën te gebruik wat bereid sal wees dat iemand anders ook kan kwoteer vir die hestelwerk. Dit verhoed dat jy gelaaide herstelkwotasies kry. Sterkte en onthou om goeie of slegte kommentaar te los.

 

COC riglyne

 

Lewer kommentaar