Sonpanele vir jou huis?


Sonnige Suid-Afrika is ideaal vir solarstelsels en sonbrand.

 wmap

Sonkrag het nooit posgevat in Suid-Afrika nie, want ons was vir jare lank die goedkoopste verskaffer van elektrisiteit in die wêreld. Dinge het egter baie versleg in Eskom.

Duitsland wek tans 40 000 megawatt krag op met sonpanele. Dit is Suid-Afrika se totale verbruik. Duitsland het baie minder son en wil hul laaste kern-kragstasies afsit. Maar Suid-Afrika wil R1 000 000 000 000.00 spandeer op ‘n Zupta-Russiese kernkrag- eenheid eerder as om ons sonkrag te benut. Vir die van jul wat sukkel met syfers, dit is R100 000 vir elke belasting-betaler.

Om Eskom te klop moet mens krag direk van die solarpanele gebruik, want om krag te stoor in batterye is verskriklik duur en glad nie ‘n opsie nie. Dit kos tien keer duurder om krag te stoor in batterye. (Sien my artikel oor batterye) Duitsland het die probleem van batterye uitgeskakel deur mense toe te laat om surplus krag terug te pomp in die netwerk. In Suid-Afrika wil Eskom dit nie toelaat nie, want dan verloor hul inkomste.

Om maksimum voordeel te trek uit jou sonstelsel, moet jy die panele 100% gedurende die dag gebruik. Dit is egter moeilik, want meeste mense gebruik  krag vroeg oggend en laat middag.

      solarp         Of   eskom

 

Kom ons neem aan dat jy wel jou solarpanele 100% gedurende die dag gebruik (wat eintlik onmoontlik is) en maak ‘n vinnige finalsiële sommetjie:

‘n 1kW-stelsel gaan jou tussen R15 000 en R25 000 kos. 1kW sonpanele gaan ongeveer 5 eenhede se krag elke dag opwek. Met die huidige prys van R1.7 per eenheid krag, sal dit ongeveer 5 tot 10 jaar vat om jou geld terug te kry. Wat AL die sonpaneel verkoopsmense jou nie sê nie, is dat die inverters selde 10 jaar hou.

Op die stadium van die geveg is sonstelsels vir die residensiële mark op finansiële gelykbreekpunt met Eskom indien jy ‘n goedkoop verskaffer kry met ‘n goeie produk en indien jy baie krag gebruik wanneer die son skyn. Ongelukkig val amper niemand van ons in daardie kategorie nie.

Om op te som: Indien alles reg loop soos ‘n Toyota, gaan jy net net geld spaar. Indien jy ‘n groot haelstorm of ‘n swak produk gaan kry gaan jy verloor. Indien jy soos baie mense geval het met stelsels met batterye, gaan jy baie geld verloor.

Die Kragman stel voor om te wag totdat Eskom ons toelaat om surplus krag terug te sit op die netwerk.

Lewer kommentaar