Beheer jou huis, Spot Goedkoop, enige plek.


IOT

Of “Internet of Things” of “Die Internet van Dinge” het die laaste paar jaar heelwat begin optel, danksy beter tegnologie en vinniger internet spoed. Maar vir meeste van ons, is dit net ‘n onderwerp wat ons maar net van hoor. Dink jy nie dit gaan lekker wees om jou ketel te laat kook in die oggende vanuit jou bed of om jou huis se ligte aan te sit in die aande as jy nie tuis is?

Tuis outomatisering, is vandag baie maklik om self te doen met behulp van ‘n Sonoff toestel. Sonoff kom van die maatskappy iTead in China en hulle maak die Sonoff toestelle in verskeie vorme. Die “Sonoff Basic” is die heel eenvoudigste en goedkoopste opsie maar vandag wil ons gesels oor die “Sonoff POW” wat jou ook jou toestel se krag kan meet, want hierdie is Kragman.

Sonoff POW en die nuutste weergawe POW R2, is baie oulike toestelle waarmee jy jou huis kan beheer en terselfdertyd jou krag verbruik kan sien, nie net vir die huidige oomblik, maar ook oor ‘n tydperk. Alles word beheer en inligting verskyn in die eWeLink slim-foon toep. Jy kan ook skedules stel en jou toestelle sal dus self aan en af skakel en heel moontlik jou ‘n paar geld spaar, afhangende wat jy daarmee wil beheer.

Die POW kom voor in ‘n klein boksie van ongeveer 115mm X 52mm X 32mm. Die krag-toevoer is 90V tot 250V wat op gekoppel kan word, maksimum stroom 16 Ampère en krag Watt is dus 3500. Sonoff werk met 2.4GHz Wifi om met die internet te praat, so vertroulike Wifi internet sal nodig wees.

Die eerste weergawe van die POW kan jy in die toep ‘n geskiedenis hou van jou toestel se krag gebruik. Baie handig as jy wil sien oor ‘n tydperk wat jou buite ligte jou per maand uit die sak ruk. Die tweede weergawe, POW R2, gee vir een of ander rede nie vir jou ‘n grafies geskiedenis nie maar kan wel ook Ampère meet. Al twee is baie handig maar ons dink vir meeste van julle wat graag wil sien hoeveel krag jou TV en klanksisteem trek in die aande en oor ‘n naweek terwyl die Bulle gatskop of dalk miskien bietjie pakslae kry so af en toe, is die POW R2 baie handig.

Hoe maklik is dit om op te stel? Baie maklik.

Die maklikste is om ‘n kragleiding draad met ‘n adapter op te koppel, dan kan jy maklik wissel tussen verskillende toestelle. Omdat jy tot en met 16 Ampère kan koppel, kan jy maklik meer as een toestel beheer terselfdertyd. Om jou toestelle afsonderlik te beheer met een Sonoff, kan jy kyk na die “Dual” weergawe.

Sonoff Pow Konneksie

Sodra jy krag op gekoppel het, volg jy basies die instruksies op die toep. Die knoppie op die Sonoff moet vir ‘n paar sekondes ingehou word totdat die led liggie begin flikker. Sodra die Sonoff en toep mekaar sien gaan jy jou Wifi se naam moet kies en jou Wifi Wagwoord moet intik. Daarna sal die led liggie konstant brand, waarna jy dan volle beheer oor jou Sonoff, vanaf enige plek in die wêreld het. Ja ENIGE plek.

Sonoff Instellings

Die Sonoff gebruik Amazon se vertroubare cloud AWS Global servers, wat verseker jou toestelle is altyd beskikbaar, selfs terwyl jy op vakansie is.

Kenmerke en verskille.

Monitor AmpèreMonitor SpanningMonitor KragOorlading beskerming Krag oor TydperkData Uitvoering
POWNeeNee Ja Nee Ja Nee
POW R2JaJa Ja Ja Ja Ja
Sonff POW en POW R2

Waar kan jy dit koop?

In Suid-Afrika kan jy ‘n Sonoff POW R2 kry vanaf so R270. As jy voel dis bietjie duur en jy wil eers bietjie eksperimenteer kan jy die Basic koop vanaf so R115.

Communica in Midrand, is omtrent die maklikste en goedkoopste maar hou gerus pryse dop by al die ander winkels ook. Sien Google

Ander gebruike.

Vir mense met bietjie meer tegniese kennis, kan Sonoff vir baie meer gebruik word as net met wat hy uitkom, maar ons los dit in julle hande om te eksperimenteer.

Waarskuwing!!! Onthou die Sonoff werk met 220V. Ontkoppel jou Sonoff eers voordat jy met hom werk!

Android en iPhone toep (App).

Lewer kommentaar