Werk Global Carbon se stelsels om krag te spaar?


Dis skurke soos hulle wat my laat besluit het om Die Kragman te begin in die eerste plek. Hul is die laagste van die laagste want hul belowe om jou geld terug te gee indien jy nie bespaar nie. Hul doen dit nogal oor radio stasies soos Radio Kansel. Kan jy dit glo! Hul belowe op ‘n Christelike radiostasie om jou geld terug te betaal en dan doen hul dit nie! Hul stelsels kos ongeveer R13 000 en dan werk dit nie. Tans is daar 18 mense op ” hallopieter.com” wat getuig dat die stelsels nie werk nie en dat Global Carbon nie geld wil terug betaal nie. In Australië is mense met dieselfde stelsel hof toe gevat omdat dit nie werk nie en die hof het beslis dat hul die mense se geld moet terug betaal.

Lewer kommentaar