Slim Geyser en Swembad Timers   Onlangs opdateur !


Switch Language
GEYSER_TIMER

Die lewe word al hoe besiger en wie kan nou elke oggend onthou om die geyser af te sit. Of jy sit iewers oorsee en besluit jy wil die skedules by die huis verander, omrede jy nie daar gaan wees vir ‘n week.

Daarom help ons lesers met die Geyser en Swembad Timers wat maklik is om te installeer. 

Hoekom het ons hierdie timers? Hier volg ‘n paar eienskappe:

  1. Word maklik en vinnig by jou geyser se bestaande islotator in die dak geinstalleer.
  2. Beheer die geyser vanaf jou slimfoon vanaf enige plek op die aarde. Jou geyser is nou op die internet!
  3. Enige familielid sal ook jou geyser kan beheer vanaf hulle fone
  4. Jou geyser word gekoppel aan die internet d.m.v. jou huis se Wifi.
  5. Automatiseer weeklikse en daaglikse skedules d.m.v program op foon.
  6. Jy kan jou geyser automaties laat afskakel na n sekere tyd
  7. Sien jou geyser se temeperatuur aanlyn en beheer sy temperatuur automaties
  8. Werk met Amazon Alexa, Google Assistant, IFTTT, Google Nest.
  9. Gebruik jou stem om jou geyser te beheer
  10. Skakel groot laste met ‘n aparte 25A “contactor” wat langer sal hou as jou gewone geyser timers op die mark

‘n Vinnige verduideliking wat die installasie behels.

Let asb: Enige elektriese werk moet deur ‘n gesertifiseerde en gekwalifeseerde persoon gedoen word. Raad pleeg ons Besigheid Gids vir die regte kontak persoon naaste aan jou.

Hierdie is jou Tipiese Geyser installasie:

geyser instellasie1

Vervang jou Geyser se isolator met jou nuwe Slim Timer en heg die sensor aan die uitlaat pyp van die geyser:

geyser instellasie2

Installeer die eWeLink toep op jou slimfoon en stel die slim timer op met jou huis se Wifi.

(ons sal meer gedetailleerde inligting plaas hoe om die opstel van jou Geyser of Swembad Timer te doen)

Geluk jou Geyser is nou op die internet en jy kan skedules en automatiese funksies opstel om jou lewe baie makliker te maak maar belangrikste van alles , om jou geld te spaar.

Slim Swembad Timer:

Die swembad installasie werk op die selfde manier en in meeste gevalle, kan jy die klein DB bord by die swembad vervang met die Slim Timer. Met hierdie skakelaar kan jy jou Swembad asook iets extra soos byvoorbeeld jou lapa lig beheer.

Gebruik jou stem om jou geyser of swembad te beheer:

Hier is ‘n voorbeeld waar ons die Geyser Timer met ons stem beheer met behulp van ‘n iPhone en ‘n “Homebridge” installasie. (meer hieroor op ‘n later stadium)

Lewer kommentaar