Vrae en Antwoorde


Kom Gesels en bespreek met ons oor alles. Vra jou vrae en stel jou meenings

 

Hoeveel krag gebruik ‘n wasmasjien?

n Wasmasjien gebruik baie min krag. 'n Gewone was gebruik ongeveer 50c se krag per was. Die groot geheim is dat mens nie die temperatuur moet opstel nie. Meeste waspoeiers belowe op TV dat hul goed werk in koue water.

Gaan ek spaar om ‘n gas geyser in te sit?

As jy 'n groot 150 liter gas geyser wil insit gaan jy niks spaar nie. Suid-Afrika se gas is vrek duur net soos Eskom. Gaan kyk bietjie na Steibel Eltron se praktiese toets op Youtube wat hul gedoen het om te sien of gas geysers goedkoper is as elektriese geysers. Hul toets het gewys dat…

Hoeveel krag gebruik ‘n skottelgoedwasser?

n Tipiese Defy skottelgoedwasser gebruik ongeveer R2 se krag per was en ongeveer 15c se water. As mens met die hand was gaan mens ongeveer twee derdes spaar. Dis 'n hele Wimpy Burger met tjips per maand wat jy gaan spaar!

Spaar mens krag deur mens se geyser af te sit elke dag?

Natuurlik gaan 'n mens spaar. Die vraag is net hoeveel. 'n Baie warm (70 °C) gestelde Geyser op die koue Vrystaat vlaktes in die winter naby vriespunt verloor permanent 120 Watt se hitte. Dit is dieselfde as twee ou 60W ligte. Nie regtig baie nie. As jy hom afskakel vat dit ongeveer 7 ure om…

Hoeveel gaan ek spaar met ‘n solar geyser?

Minder as wat jy dink en wat die verkoopsman belowe:) Die probleem met solar is dat dit net in die dag werk wanneer ons almal by die werk is. n Ander groot probleem is dat meeste stelsels sleg ingesit en beheer word. 'n Gemiddelde huisgesin gebruik 300 liter se warm water in 'n dag en…

Werk Global Carbon se stelsels om krag te spaar?

Dis skurke soos hulle wat my laat besluit het om Die Kragman te begin in die eerste plek. Hul is die laagste van die laagste want hul belowe om jou geld terug te gee indien jy nie bespaar nie. Hul doen dit nogal oor radio stasies soos Radio Kansel. Kan jy dit glo! Hul belowe…